VERLOOR GEWIG

“ Daar is slegs twee dae in die jaar waaraan niks gedoen kan word nie. Een word genoem gister en die ander een word genoem more, so vandag is die regte dag om lief te hê, te glo, te doen en veral te lewe. ”
~ Dalai Lama ~

© Pieter Harris. www.pieterharris.co.za

Dink slank, word slank – die Sielvol Slanke Weg

1. Het geen verslankingstegnieke vir jou gewerk nie?

Is jy keelvol vir dieet? Het jy te veel gehad van ek sal môre begin? Is jy dik vir wilskrag? Het jy te veel op jou vurk met maatbande, skale, kalorietellings en alewige nuwe-diëte? Is jy keelvol daarvoor om na elke ete swaar, ongemaklik en opgeblaas te voel? In kort – het jy meer as genoeg gehad van sukkel met jou vet?

2. Dink slank, word slank – die Sielvolle Weg

Dink slank, word slank – die Sielvolle Weg is in 2011 deur my ontwikkel om ‘n alternatief te vind vir diëte wat in elk geval nie werk nie. Hierdie Weg is ‘n reis van dekadensie en opwinding. Dit is ‘n reis om jou kop oop te maak, om anders te dink en om los te breek van jou ou oortuiginge rondom verslanking. Dit is ‘n rewolusionêre reis aangesien jy geen dieet, oefening of enige vorm van wilskrag nodig het om te verslank nie. Jy sal verslank deur jou lewe en jou kos dekadent te geniet en om op te hou om jouself te bekommer oor jou vet.

Jou vet-wees het niks te make met wat jy eet, wanneer jy eet of hoeveel jy eet nie. Dit het ook niks te make met oefening, oorerwing of fisiese probleme nie. Wat by jou mond inkom, moet weer uit jou liggaam uitgaan in die vorm van uitskeiding. Die vraag is eerder hoekom jou liggaam jou kos terughou en dit stoor in jou liggaam se se spense in die vorm van vet.

3. Jy sal in hierdie sielvolle reis ontdek:

• dat jou lewenskwessies vet in sekere dele van jou liggaam veroorsaak
• wat hierdie kwessies is
• dat wanneer jy hierdie kwessies verwerk, sal jy in daardie dele van jou liggaam vanself verslank
• die soort kosse wat jou swakheid is, jou eintlik net meer vertel van waar jou lewenskwessies is.
• die areas in jou liggaam waar jy geneig is om vet te word, ook besig is om vir jou te vertel wat hierdie lewenskwessies is.
• jy hierdie kwessies sonder enige inspanning kan en sal oorwin.
• wanneer jy hierdie lewenskwessies oorwin, jy sal besef dat jy in beheer van jou lewe is, en kan jy eet wat jy wil, wanneer jy wil, soveel jy wil.
• jy dan jou lewe dekadent en sielvol KAN geniet, en aanhou verslank sonder dat jy verstaan hoe dit gebeur het.

Hipnose met die sielvol slanke manier sal jou help om om jou te help om jou kos nog meer te geniet en terselfdertyd sonder enige inspanning maklik van daardie vet ontslae sal raak. Finaal, vir goed, vir ewig.

Die sielvol slanke weg werk die beste met mense wat desperaat is om te verslank – juis vir daardie mense vir wie alle diëte nie gewerk het nie. Dit stel jou in staat om ‘n totale verandering van jou idee rondom verslanking aan te neem. En hierdie verskuiwing is radikaal. Dis wanneer jy aanvaar dat diëte nie werk nie, en wanneer jy die idee aanneem dat dit ‘n natuurlike proses moet wees waarin jy kan eet wat jy wil, wanneer jy wil, soveel jy wil, en te glo dat die onderbewuste dit vir jou sal doen sonder dat jy enige iets hoef te doen.

4. Terapie vir verslanking behels die volgende:

1. Vergeet van moeite soos oefening en dieet. Dit stel net kortisol vry en maak jou net vet.
2. As jy steeds wil dieet en oefen, sal jy net vetter en vetter bly word.
3. Besef dat dit lewenskwessies is wat jou vet maak, en niks anders nie.
4. Verstaan dat die kos wat jy te veel van eet, en die plekke waar jy vet word, jou slegs iets meer leer oor watter lewenskwessies jy deur moet werk.
5. As jy nie deur hierdie lewenskwessies gewerk het nie, sal jou onderbewuste dink dat jy in ‘n oorlewingstryd gewikkel is. Jou onderbewuste sal die kos wat inkom in sy spense bewaar vir die swaar tye wat kom, in plaas daarvan om dit te verwerk en na jou uitskeidingskanale te stuur. En so word en bly jy vet.
6. As jy deur jou lewenskwessies gewerk het sal jy leer dat jy meer as ‘n oorwinnaar is en dat jou liggaam nie nodig het om kos in vetselle te stoor ten einde te oorleef nie.
7. Dan kan jy dekadent lewe, en waarlik lewe, en eet wat jy wil, wanneer jy wil, soveel jy wil.
8. En dan kan jy glo en vertrou jy sal wees soos wat jy geskape is om te wees – hartstogtelik slank en gesond.

5. Terugvoer oor Dink slank, word slank – die Sielvolle Weg

Hieronder volg ‘n keur uit die terugvoer wat ek ontvang het van kliënte vir verslanking en lesers van my boek. Ek reproduseer hulle terugvoer verbatim:

(Alle name wat gebruik word, is skuilname).

Hi Pieter

Ek kry nou al vir weke nie meer angsaanvalle nie. My depressie het ook nie nie weer sy opwagting gemaak nie. Ek was so verlig dat jy vir my gesê het ek hoef nie my pa te laat gaan nie. Ek kan hom maar in my hart hou. (Nota deur Pieter: sy kon die dood van haar pa nie verwerk nie, en kon hom nie laat gaan nie). Dit het alles vir my verander en ek kan vreemd genoeg nou sy dood aanvaar. Ek hanteer spanningsvolle situasies nou soveel beter. Ek kon nie glo dat ek die lewe soveel anders kan ervaar nie. Ek was kwaad vir jou omdat jy gesê het ek hoef nie terug te kom vir hipnose om te verslank nie. Ek kry deesdae soveel komplimente van mense oor hoe ek lyk, en het nie eens besef dat ek gewig verloor nie, totdat ek in ‘n jean ingepas het wat ek seker tien jaar laas kon dra.

Ek sou nooit kon glo dat dit my “issues” was wat my vet gemaak het nie. Ek dra alles net soveel ligter, en is letterlik ook soveel ligter!

Lizel

Goeie dag,

My naam is Marilise.  Ek het onlangs die Dink Slank boek aangeskaf en die cd daadwerklik begin gebruik.   ‘n Klein bietjie agtergrond…  Solank as wat ek kan onthou regeer “vet” my lewe… Ek was op my eerste dieet op 10!  Maar saam met dit, ‘n handvol “issues”… wat soos wat die boek tereg noem, waarskynlik die rede vir my gewig is. Ek is gewoonlik net so 5 kilogram van my doelwit af maar dit bly ALTYD ‘n berg…  Dit is seker nodeloos om te noem dat ek al wat boek, al wat pil en al wat middel is al gekoop en probeer het… Ek kan lesings aanbied oor elke moontlike dieet….

Die Dink Slank boek (maar meer die cd…)  het vir die eerste keer in my lewe “iets” vir my gedoen.  Ek voel beter oor myself, ek voel al “mooier”… meer selfvertroue en is op ‘n plek waar ek nou “verslaaf” is aan die cd…(wat reeds voos geluister is…)

Dit voel regtig vir my asof hierdie ‘n lewensveranderende metode is wat ek nie deur my vingers wil laat glip nie.

Marilise

Beste Pieter

Ek wil vir jou baie dankie sê, al waaraan ek baie van my komplimente kan toeskryf, is na die besoek aan jou.

Vrydag was ek selfs deur vreemdelinge voorgekeer, om te sê hoe goed ek lyk, maar om dit wat mense gereeld te sê het, was nogal ‘n skok om te lees, hierdie aanhaling is ‘n email wat ek van ‘n vriend ontvang het en wou eers die eerste gedeelte uithaal, maar copy en paste dit vir jou net so. Dit was na ‘n partytjie by hulle huis.

Ek moet se jy het f****n mooi gelyk nou die aand. Ek weet nie wat dit is nie maar iets het definitief aan jou verander. Jy het definitief gewig verloor dit kon ek sien maar iets anders het ook anders gelyk…he he Nogtans jy het mooi gelyk !!!!

Dit is wat mense gereeld sê, iets anderste het ook verander, jy lyk anderster, ek self kan nog nie in presiese woorde omskryf nie, behalwe dat ek rustiger voel, meer selfvertroue het tussen mense, ensovoorts. Al wat ek kan sê, dit is nie ek, dit is jou werk, wat dit moontlik maak.

Baie dankie.

Steffie

Dear Pieter

I sent you the invitation to this group exhibition  as you are certainly responsible for my ability now to paint! (My first painting exhibition.)  I have also lost over 20KG thus far since I last saw you.

I’ll come and see you again one of these days, but I did wish to acknowledge the help you gave me during such a hideous time last year and the year before. I hope that I can just move on to ever greater things.

Bestest fondest regards

Jackie

Good Morning

With the weight loss, I have eaten everything I wanted without consciously thinking about it and noticed that I naturally veer towards healthier choices, smaller portions and enjoyment of tastes. My weight stayed constant for 2 months afterwards, even though I have sometimes been bingeing and not gained any weight. I noticed some weight loss in the last 2 weeks. I also feel great about my body image and am not overly concerned about the fact others accept me because of my build or not. The only exercise I do is walking on beaches and in nature as part of a fun experience.

My confidence has increased and I am more direct with people about what I need from them. I am more focused on my business goals and what I feel passionate about. Some relationships ended because of my new sense of self.

Hope this can be of value to you.

Best Regards

Wouter

Hallo Pieter

Vandat ek kan onthou sukkel ek met my gewig… ek het alles probeer, pille, konkoksies, inspuitings tot punte tel. My huisdokter het my na jou verwys, wel wat ‘n verrasing. Ek is bang vir hipnose maar jy het my gehelp, ek het agtergekom na ‘n paar sessies daar is ‘n verandering, ek kon nie my vinger daarop plaas nie. Jy het eers my wat ek noem “my kop uitgesorteer”.  Ons het baie gewerk aan gewigsverlies, en weereens ek kan nie my vinger daarop sit nie, maar my gevoel oor kos het net verander! Ek het anders oor kos begin dink, dit het my nie meer gepla nie!

Ek het 17kg verloor, en voel soos ‘n nuwe mens, my gewig bly konstant, want dit is nie meer my begin en einde nie.

BAIE DANKIE JORGAN!

Ek is nou halfpad met jou boek – moes net gou  stop om eers vir jou te se:  “AMEN, AMEN, AMEN”!!!!!! – O sorry – Hallo!!

Praat wee later…

Tonne blessings!!

Sonja

Halo Pieter

Ek vertrou dit gaan goed.

Ek het jou boek oor verslanking BAIE geniet. Ek dink jy is uitmuntend briljant!

Groete,

Ria

Beste Pieter

Weet jy, dit is slim geskryf en spaar mens die “patronising” toon van ander boeke wat dieselfde aanspreek. Ek hou van die spirituele aanslag. En dit maak vir my op n dieper vlak sin. Is daar ‘n Engelse weergawe? My kollegas sal mal wees daaroor.

Ek hoop genoeg mense weet van die boek. Jy moet sommer ook n kindle een doen of wat van n ipad app?

Jy is briljant.

Sou graag met jou wou chat oor jou reis met die boek.

Ek hou van die aanhalings en gebruik van woord vet.

Ek hou van die woord dekadent en dan die perfekte lelie uit die Bybel.

En veral die boodskap wat ek hoor dat die lewe nie is om miserabel te wees nie.

Lise