“ Om ons gesigte in die rigting van verandering te hou, en soos vry geeste op te tree in die teenwoordigheid van die noodlot is sterke wat onoorwinlik is. ”
~ Helen Keller ~

Tir in ‘n Neutedop

Ontwikkel deur dr. Frank A. Gerbode, M.D., van die “Institute for Research in Metapsychology” in Menlo Park, California, TIR is ‘n desensitasie prosedure om die impak van ‘n traumatiese ondervinding grootliks te verminder of selfs te elimineer. Dit is ‘n intervensie tegniek wat hoofsaaklik bedoel vir gevalle van Post Traumatiese Stres Versteurings (PTSD).

Die proses self is beide hoogs gestruktureerd asook kliënt gesentreerd (of soos dr. Gerbode verkies om dit te noem: persoon gesentreerd). Die terapeut word ‘n “fasiliteerder” genoem, en die kliënt die “kyker” deur die spesifieke trauma herhaaldelik weer in die verbeelding te laat afspeel, sonder om tydens die p[roses met die fasiliteerder te praat. ‘n TIR fasiliteerder sal nooit die “kyker” se ervaring interpreteer of kritiseer nie, of die “kyker” probeer voorskryf hoe hy/sy moet voel of behoort te voel nie. Die proses is eerder daarop ingestel om die trauma te “ontblok” totdat die “kyker” betekenisvolle en selfs totale verligting van die trauma of stres-situasie ervaar. Daar word dan op ‘n ander manier na die trauma gekyk, wat nie meer so stresvol of traumaties is as die oorspronklike voorval nie.

TIR is deur die Amerikaanse Sielkunde Vereniging (American Psychological Association) erken as ‘n effektiewe prosedure vir die suksesvolle hantering en verligting van trauma.