Testomoninal-Banner-2

“Wat ons kliënte oor ons sê…”

Testimonial-Banner-3

“ Die lewe word nie gemeet deur
die hoeveelheid asemteue wat
ons neem nie, maar deur die oomblikke
wat ons asem wegslaan ”

~ Anonymous ~

Wat is Hipnose?

“ Die bewussyn herhaal wat die hart nie kan uitvee nie. ”

Hipnose is ‘n kragtige instrument om genesing, groei en transformasie te bevorder. Dit werk deur ‘n kreatiewe staat te skep waar nuwe leergeleenthede  in die liggaam en verstand kan plaasvind met groot effektiwiteit en feitlik sonder enige inspanning. Dit kan ons help met die kennis en energie wat nodig is om suksesvol in die lewe te wees en om ons te help om nuwe oortuigings te bou en ons aandag te fokus. As ons oortuigings kan verander, kan ons oortuigings ons verander. In hierdie praktyk word hipnose in die volgende velde gebruik:

Angs en stres

Hipnose blyk baie suksesvol te wees met ‘n Kognitiewe Gedragsbenadering om alle vorme van angs, veral paniekaanvalle te behandel.  Hipnose is ook al suksesvol gebruik  om feitelik enige fobie of oormatige vrees te oorwin, soos verhoogvrees.

Depressie

Depressie word dikwels genoem “woede sonder entoesiasme”, en wanneer hierdie woede hanteer is tesame met kognitiewe herstrukturering, wil dit voorkom of die depressie tot ‘n groot mate verlig word.

Verskeie ander emosionele versteurings

Ander emosionele versteurings in die werksveld van ‘n sielkundige word ook in hierdie praktyk aangespreek, spesifiek self-waarde en probleme met selfvertroue. Hipnose is bewys om geweldig effektief te wees in die hantering van trauma, spesifiek  Post Traumatiese Stresversteuring en rousmart.

Eetversteurings en gewig beheer

Hipnose is ook baie waardevol om mense te help om hulle gewig te beheer.  Dit is soms nodig om eers onderliggende probleme aan te spreek voordat mense gewig maklik en sonder enige inspanning te help verloor.

Rook, verslawings en gewoontes

Omdat ophou rook moeiliker is, en hipnose alleen of medikasie alleen nie genoeg is nie, is ‘n spesiale program geskryf, tesame met ‘n CD om die roker te help, met merkbare sukses. Hipnose is ook suksesvol in die hantering van ander gewoontes, soos naelbyt, hare uittrek, ens.

Voorbereiding van operasies en nasorg

Hoewel die persoon onder narkose is tydens ‘n operasie, bly die onderbewuste steeds wakker en aktief en ervaar dit die operasie as traumaties.  Hipnose kan help om die onderbewuste voor te berei vir die operasie om die sogenaamde “veg-of-vlug” reaksie te elimineer.  Dit help ook met die herstelproses, om bloeding te beheer en om pyn na die operasie te beheer. Dit kan selfs help om letsels te verminder aangesien letsels ‘n onbewustelike herinnering is aan trauma. Dit kan ook suksesvol gebruik word om die tandarts te help tydens tand prosedures. In hierdie konteks, kan hipnose ook waardevol wees om te help met geboorte-opleiding en voorbereiding vir die kraamproses.

Akademiese prestasie, atletiese prestasie en sportprestasie

Visualisering word hier gebruik om prestasie te verbeter.  Hipnose-opleiding word hier gebruik waar die kliënt self-hipnose geleer word om te help met konsentrasie, angs, verstaan en onthou.  Indien daar enige negatiewe verbintenis of negatiewe persepsie is wat die kliënt verhoed om te presteer, sal dit eers aangespreek word.

Herwinning van geheue

Soms is dit nodig om te weet waar die probleem vandaan kom. Mens kan selfs dinge onthou wat gebeur het voordat hy of sy gebore is. Mense kan selfs onthou wat gebeur het terwyl hulle bewusteloos was.

Psigo-neuro-immunologie (PNI)

PNI is ‘n opwindende nuwe veld in die wêreld van hipnose. Kortliks beteken dit dat enige mediese probleem ‘n sielkundige oorsprong kan hê. Deur die probleem met hipnose te behandel, kan die geneesheer bygestaan word om die probleem of versteuring te behandel.  Sukses is opgeteken met veral dermatologiese probleme, outo-immuun versteurings, kanker, pyn en soveel meer.

Slaapversteurings

Aangesien hipnose ‘n staat van diep ontspanning is, kan dit baie waardevol wees om te help met slaapversteurings, op voorwaarde dat enige trauma wat die versteuring veroorsaak, aangespreek is.

Seksuele disfunksie en verhoudingsprobleme

Hipnose kan help met probleme soos kilheid, seksuele trauma, impotensie en premature ejakulasie. Dit kan ook help met kwessies soos vertroue en getrouheid. Spirituele probleme Hipnose kan ook help om die kliënt in nouer aanraking met God te bring. Soms het baie sielkundige probleme ‘n spirituele oorsprong, en is dit soms nodig om spirituele kwessies hier aan te spreek. Skuldgevoelens en die gevoel dat die persoon iets verkeerd gedoen het, word deur baie sielkundiges gesien as die wortel van baie sielkundige probleme.

Ander areas

Hipnose wys ook sukses in versteurings soos
As II versteurings, alkohol en ander verslawings en ook regressies na vorige lewens.  In hierdie praktyk egter, is daar nog nie veel sukses bereik in hierdie genoemde areas nie. Die voorafgaande gebruike van hipnose is maar net die punt van die ysberg.  Hipnose is letterlik die sleutel wat enige deur wat jy wil oopsluit, kan oopsluit.  Die enigste beperkings van hipnose is die beperkinge wat die persoon self daarstel. Andersins, is jou verbeelding jou enigste beperking! Daar is egter soveel misverstande oor hipnose. Om te verstaan wat hipnose regtig is, moet ons eers verstaan wat dit nie is nie.

Wat hipnose nie is nie

Is jy al ooit gehipnotiseer?  Meeste mense se antwoord is nee.  Hulle dink dat hulle nog nooit gehipnotiseer is nie.  Hulle dink hipnose is ‘n tipe slaaptoestand waarin hulle van niks bewus is nie, en dat hulle totaal onder die invloed van die hipnotis is.  Voordat ons kan verduidelik wat hipnose regtig is, moet ons eers verstaan wat dit nie is nie:

Hipnose is gevaarlik

Die hipnotiese trans is nie gevaarliker as ‘n slaaptoestand nie, en in geheel gesien, is daar geen gevare aan hipnose as dit deur etiese en gekwalifiseerde praktisyns beoefen word nie. Die ergste wat kan gebeur, is dat niks kan gebeur nie!

As hipnose gevaarlik was, sou ons onsself moes vertel om nie in ‘n ander staat van bewussyn in te glip nie, om nie te dagdroom nie, om nie diep te konsentreer nie, en nie totaal geabsorbeer te raak in dinge wat ons diep interesseer nie. Dink daaraan:  om na ‘n haarkapper toe te gaan, is een van die mees gevaarlike ervaringe wat daar maar kan wees.Sy werk met ‘n gevaarlike wapen, ‘n skêr en dit so na aan jou nek. Een steek en jy is dood!  Moet dan nooit weer na ‘n haarkapper toe gaan nie. Hipnose is ‘n kragtige wapen, maar word tog eties beoefen.

Mense in hipnose is in ‘n slaaptoestand

Die word hipnose is afgelei van die Griekse word “Hypnos.”  En Hypnos is die god van die slaap. En niks is verder verwyderd van die waarheid nie.  Hipnose is alles behalwe slaap.

Die persoon in hipnose is BEWUS van hom of haarself en van sy/haar omgewing. Die persoon verloor nie vir ‘n enkele sekonde bewussyn nie, en hoewel ‘n persoon in ‘n diep trans mag wees, sal geluide en stoornisse in sy/haar omgewing so veraf klink vir hulle dat dit die persoon nie sal pla nie, solank dit nie bedreigend is nie. Wanneer iets bedreigend gebeur, sal die persoon eenvoudig uit trans uit kom om die nodige stappe te neem om hom/haarself te beveilig.

Hipnose is soos slaap

Studies het gewys dat daar ‘n verskil tussen hipnose en slaap is. Studies oor breinaktiwiteit het getoon dat hoewel daar kenmerkende eienskappe van breinaktiwiteit tydens slaap teenwoordig is, is dieselfde nie waar met hipnose nie.  Hipnose mag dalk vir ‘n buitestaander lyk soos slaap, omdat suggesties oor ontspanning oor die algemeen gegee word as ‘n deel van die hipnotiese roetine, maar gehipnotiseerdes is in ‘n staat wat gelyk is aan wakkerheid (en hipnose is al byvoorbeeld toegepas op mense wat op ‘n oefenfiets ry – die sogenaamde ‘aktiewe wakker’ hipnose).

Hipnose is soos narkose

Die gehipnotiseerde persoon is bewus van geluide, aanraking, reuke, smake en visuele insette. Hy/sy kan selfs praat in hipnose.  Hy/sy sal altyd na ‘n trans wakker kan word.  Hy/sy kan nie ‘n permanente trans bly nie. Al wat hy/sy nodig het op wakker te word, is ‘n besluit, en wanneer hierdie besluit eens geneem is, sal die gehipnotiseerde persoon wakker word.

Hipnose is die werk van die duiwel

Soos almal op aarde al ‘n trans beleef het in die vorm van dagdroom, is dit ‘n natuurlike Godgegewe talent, wat positief gebruik kan word in die persoon se beste belang.  Soos enige iemand anders, kan onopgeleide praktisyns ook hipnose misbruik.

Mense vertel my dat die duiwel ‘n vatkans kry wanneer jy gehipnotiseer is.  Dit is bloot onmoontlik.  Die Bybel vertel my dat Goed jou ten alle tye beskerm.  Hoe kan die duiwel dan sterker as God wees in iets soos hipnose?

“Swak mense” is die maklikste onderworpe aan hipnose

Inteendeel, mense met ‘n sterk wil, sowel as intelligente en kreatiewe mense is beter kandidate vir hipnose as sogenaamde “swak” mense. Daar is ‘n foutiewelike oortuiging dat net “swak” mense hipnotiseerbaar is en dat ‘n hipnoterapeut daarom onbeperkte beheer oor die persoon het, terwyl dit ‘n feit is dat die gehipnotiseerde persoon altyd in beheer is.  Hy/sy besluit om dit toe te laat of nie. Hy/sy besluit selfs hoe diep in trans hy/sy wil gaan. So, die persoon is nooit onder die beheer van die hipnoterapeut nie. Die persoon is eintlik meer in beheer van die sessie en van hom/haarself as gewoonlik.

Mense in ‘n hipnotiese trans sal geheime uitlaat of ding sê waaroor hulle later spyt sal wees

Die persoon in trans bly altyd in volle beheer. Wanneer jy “verhoog-hipnose” op televisie sien wanneer die lede van die gehoor op en af spring en soos hoenders kekkel – onthou dat hulle ingewillig het om dit te doen met die volle medewete dat daar van hulle verwag word om iets simpels aan te vang. Hipnose word soms gebruik met die doel om onderdrukte herinneringe of inligting te verkry.  Persone wie hipnose ondergaan vir daardie redes kies om ‘n dieper trans te bereik as wat ons normaalweg in hipnose gebruik.  Hulle is regtig geïnteresseerd om die onderdrukte inligting te onthou. ‘n Hipnoterapeut kan niemand dwing om enige inligting teen hulle wil bekend te maak nie.

Inteendeel, die gehipnotiseerde is altyd in beheer. Hipnose is vir die kliënt om die waarheid te ontdek, nie vir die hipnoterapeut nie.  Die kliënt het die keuse om die terapeut te vertel, al dan nie.  Sommige kliënte sal vir die hipnotis vertel wat gebeur tydens die sessie.  Sommige sal dit na die tyd vertel.  Ander sal nooit nie.  Jy hoef nie eens jou hipnoterapeut te vertel wat gebeur het nie.  ‘n Hipnoterapeut sal in staat wees om jou te help, selfs al weet hy/sy nie wat gebeur het nie. Onthou: hipnose is vir jou om die waarheid te ontdek, nie vir die terapeut nie.

Miskien begin jy besef dat hipnose eintlik ‘n toestand van breinkrag (“mind power”) is. ‘n Kliënt het my eenmaal gebel om te sê “Ek dink my man verneuk my. Sal jy asseblief die waarheid uitvind?”. My antwoord aan haar was:  “As hy nou al so goed die waarheid kan verdraai, dink net hoe hoed gaan hy dit in hipnose kan doen!”. Aangesien hipnose ‘n toestand van breinkrag is, kan hy sy verstand nog beter gebruik om selfs beter te jok! Geen hipnotis kan jou dwing om enige iets te doen wat bots met jou morele of etiese waardes nie.

Jy kan teen jou wil gehipnotiseer word

Alle hipnose is eintlik self-hipnose. Jy moet gehipnotiseer wil wees voordat jy in trans in kan gaan. Dar is egter metodes om iemand wel in trans (diep ontspanning) te kry wie weerstandig is; maar selfs hierdie metodes sal nie effektief wees as jy nie gehipnotiseer wil wees nie. Dit is baie belangrik. Die hipnotis kan jou nie hipnotiseer nie. Dit is jou eie vermoë om jouself te hipnotiseur met die hulp van die hipnoterapeut. Om gehipnotiseer te word is die vermoë van die kliënt, nie die van die hipnoterapeut nie. So, jy kan nie gedwing word om enige iets te doen in hipnose wat jy nie wil doen nie.  In hipnose sal jy beheer behou oor jou vermoë om op suggesties te reageer, alhoewel indien jy jouself toelaat om op ‘n suggestie te reageer, sal dit voel asof die gevolge vanself gebeur.

Jy kan vasgeval raak in hipnose

Daar is geen bewyse dat iemand in hipnose vasgevang kan raak nie. Die ergste wat kan gebeur is dat jy aan die slaap kan raak – en on-gehipnotiseerd wakker kan word! Daar is ‘n studie onderneem waar die deelnemers gehipnotiseerd raak waarna die hipnotis die vertrek verlaat onder die voorwendsel dat daar ‘n probleem is waaraan hy aandag moet gee. Die deelnemer is dan vir sy reaksie dopgehou (sonder sy medewete) om te sien wat gebeur.  Die resultate in al hierdie gevalle was dat die deelnemers spontaan wakker geword het. Die hoog hipnotiseerbares het wel ‘n bietjie langer gevat om wakker te word.

Jy sal niks na die tyd onthou nie

Jy sal alles na die tyd onthou omdat jy al die tyd wakker is. Daar is mense wat sekere dinge nie onthou nie, doodeenvoudig omdat hulle gedagtes afgedwaal het tydens die trans. En dit is ook goed so, want ons praat met die onderbewuste, nie die bewuste nie. Jy is vry om jou gedagtes te laat dwaal soos ons gaan.  Sommige mense raak aan die slaap, en dit is ook goed so.

Dit gebeur baie selde dat kliënte niks na die tyd onthou nie.  Die enigste rede hiervoor is dat die materiaal waarmee ons werk vir hulle te traumaties is, en die onderbewuste kan kies dat jy dit eerder nie onthou nie. Indien dit die geval is, vra sulke kliënte nooit na die tyd vir my wat gebeur het nie.  Dit is omdat hulle dit nie wil onthou nie.

Dit het niks te make met ‘n diep trans of nie. Diep transe is nie eens nodig nie. Ons kan enige iets in ‘n ligte trans doen.

Wat gaan “uitkom”?

Dit is belangrik om hierdie kwessie aan te spreek. Baie mense is bang oor wat mag uitkom terwyl hulle in hipnose is. Eerste van alles: die dae van teruggaan na die trauma en om dit te herleef, is verby. Deesdae het ons tegnieke om die trauma deur te werk sonder om die kliënt te her-traumatiseer.  Indien die kliënt wel die trauma beleef het, is dit belangrik om te weet dat die trauma verby is, en dat dit net ‘n herinnering is. Hierdie keer is dit net ‘n herinnering, en jy is ouer, wyser, meer ervare, en jy is nie alleen nie.  Dit kan nooit so erg wees as toe dit regtig gebeur het nie.

Wat hipnose regtig is

Het jy al ooit ‘n lang afstand bestuur, en na die tyd gewonder:  Hoe het ek hier gekom?  Het jy al ooit ‘n fliek gekyk sonder om eens iemand te hoor wat agter jou praat?  Is jy nou, soos jy hier lees bewus van agtergrondgeluide as jy nie daarop konsentreer nie?  Dit is hipnose! Breedweg gesproke is hipnose ‘n veranderde bewussynstoestand wat met elke mens gebeur net voordat hy/sy aan die slaap raak.  Dit is hoekom hipnose gewoonlik gepaard gaan met ontspanning wat die ontspanne liggaamsposisie simuleer.  In terapeutiese werk, verleng ons net hierdie kort tydjie van onspanning, sodat ons in hierdie toestand met die kliënt kan werk.

In kort:  na ons eerste hipnose sessie, gaan jy nie glo dat jy hoegenaamd in hipnose was nie.  Kliënte sê altyd vir my:  “Maar ek dink nie ek was in hipnose nie.  Ek was van alles bewus al die tyd, ek het geluide binne en buite die gebou gehoor die hele tyd.  Ek was nie “onder” nie.” Dit is hipnose.  Net diktators en duikbote “gaan onder.”  Jy sal ook nie “weg” wees nie, want ons doen ook nie astrale reise nie.  Jy sal alles hoor, want hipnose tas ook nie jou gehoor aan nie!  Dit is egter ook waar dat hoe meer hipnose sessies ons doen, hoe dieper sal jy met elke sessie in trans ingaan.

Hipnose is niks anders nie as net ‘n diep staat van ontspanning wat ‘n toestand van breinkrag tot gevolg het.  Niks meer nie, niks minder nie.  As jy dit verstaan, verstaan jy hipnose!  Jy sal nie eens glo dat jy enigsins gehipnotiseerd was nie!

Een van die beste voorbeelde van hipnose is die volgende:  Was jy al ooit in ‘n kerk en die predikant het gebid?  En die gebed is so “vervelig ‘..  Jy sit daar met jou oë toe, en dink aan alles en nog wat behalwe die gebed.  Maar die word “Amen” hoor jy helder en duidelik. Jy was in ‘n hipnotiese trans! Jy het nie aan die slaap geraak nie (hoop ek), en tog het jy elke word gemis. Maar jy het nie die word “Amen gemis nie.  Dit word ‘n gekondisioneerde respons genoem.  “Amen” in hierdie konteks beteken dat hy nou klaar is en jy kan jou oë oopmaak. Jou onderbewuste het alles geregistreer en was in nabye kommunikasie met God.

Daar word ook na hipnose verwys as hipnoterapie of hipnotiese suggestie. Dit is  trans tipe toestand. Dit word normaalweg behaal met die hulp van ‘n hipnoterapeut en verskil van jou alledaagse bewustheid.

  • Jou aandag is meer gefokus
  • Jy is diep ontspanne en kalm
  • Jy is meer ontvanklik vir suggestie en minder krities en wantrouig

Die doel van hipnose is om jou te help om meer beheer te kry oor jou gedrag, emosies en fisiese welsyn.

Ek verkies dit om na hipnose te verwys as ‘n vertrouensverhouding. In so ‘n verhouding is feitlik enige iets moontlik. As daar nie vertroue is nie, sal hipnose nie suksesvol wees nie.

Ons is nie seker hoe hipnose presies werk nie. Hipnoterapeute sê dat hipnose ‘n diep ontspanning skep en die gedagtes stil maak.  Wanneer jy gehipnotiseer is kan jy intens fokus op ‘n spesifieke gedagte, herinnering, gevoel of sensasie terwyl jy afleidings van buite uitskakel. Jy is dan meer as normaalweg oop vir suggesties, en dit kan gebruik word om jou gedrag te verander en om jou gesondheid en welsyn te verbeter.

Verhooghipnose

Hou nou die bogenoemde beginsels in jou agterkop.

Wat presies gebeur op die verhoog?

Eerstens sal die verhoog-hipnotis nooit deelnemers uitroep nie. Hy sal iets sê soos:  “Enige vrywilligers, kom na die verhoog.”  Daar is jou eerste leidraad.  Almal weet hy gaan snaakse goed met jou aanvang.  En die feit dat jy gewillig is om dit te doen, beteken dat jy dit sal doen omdat jy wil, en daarom sal hy dit kan regkry.  As jy nie gewillig is nie, sal die mense vir die hipnotis lag!

Tweedens – en dis wat jy nie op die televisie sal sien nie – hy sal eers met hulle gesels.  Dit is om te bepaal of daar vertroue is al dan nie.  Indien hy sou vermoed dat jy nie van hom hou nie, of nie vertrou nie, of vice versa, sal hy jou terugstuur na die gehoor.  Of as hy besef dat jy nie oor veel intelligensie beskik nie of ‘n gebrek aan kreatiwiteit het of oorkrities is, sal hy jou ook terugstuur.

.En dan die oomblik van waarheid – hy klap sy vingers en sê: “Slaap.”  En hulle slaap!  Teen die tyd weet jy reeds dat dit nie slaap is nie.  Maar hoe is dit moontlik vir hom om net sy vingers te klap, en dan is hulle gehipnotiseerd? Dit beteken dat hy hulle voorheen al gehipnotiseer het.

Jy sal dit ook ervaar.  In ons eerste sessie sal jy nie maklik in hipnose ingaan nie.  Jy sal weerstand bied, of jy nou wil of nie.  Alle nuwe dinge benader ons gewoonlik met weersin.  Onthou jy toe jy leer bestuur het in vergelyking met jou ontspanne manier van bestuur vandag?  Hoe meer ons egter hipnose doen, hoe makliker en vinniger sal jy in trans ingaan.  Langer termyn kliënte hoef nie eens gehipnotiseer te word nie.

Dit beteken dat die verhoog-hipnotis bekend is met sy subjekte en weet dus wie gewillig sal wees om saam te speel.

Soos voorheen genoem:  hipnose is ‘n staat van breinkrag.  Byvoorbeeld – jy is op die verhoog, en die hipnotis suggereer aan jou om soos ‘n ballerina te dans.  Jy sal eerstens dit met jou interne morele sisteem nagaan of dit in orde vir jou is om dit te doen al dan nie.  Indien dit in orde is, kan jy jou breinkrag gebruik om byvoorbeeld ‘n televisieuitsending te onthou waar jy ‘n ballerina sien dans het.  Jy sal die bewegings kan onthou, en jy sal dit kan namaak.  Jy kan selfs van jou breinkrag gebruik maak om op die punte van jou tone te dans deur jouself byvoorbeeld te verbeel dat jy ‘n staalpyp het van jou tone tot jou bene.  Maar as die hipnotis iets teen jou beginsels suggereer, sal jy dadelik uit hipnose uitkom, aangesien jy al die tyd ten volle in beheer is.

Wanneer hy klaar is, sal hy jou “wakker maak.” Soos reeds genoem, sal jy altyd uit hipnose uit kom.  En na die tyd sal jy onthou wat gebeur het.  Party mense is na die tyd verras.  Wel, jy sal ook verras wees wanneer jy besef hoe werklik dinge gevoel het

Laat hipnose vir jou werk

Hou die volgende stellings in gedagte om hipnose die beste vir jou te laat werk:

Enige iemand wat kan praat en redelik kan lees, kan self-hipnose toepas. Alle hipnose is immers self-hipnose.

Die hipnotis kan almal hipnotiseer wie gehipnotiseer wil wees en niemand wie nie wil wees nie.  Die vermoë om in ‘n hipnotiese trans in te gaan, is die vermoë van die kliënt, nie die van die terapeut nie.

Feitlik enige persoon kan tot ‘n mindere of meerdere mate reageer op hipnotiese suggestie, dadelik of na ‘n paar sessies.

Woorde is kragtig in die sin dat dit idees in die verstand van die verstand van die luisteraar plaas.  Die aanvaarding van sekere idees is waaroor hipnose gaan.

Suggesties van ‘n hipnotiese aard speel ‘n groot rol in ons alledaagse lewens.

Jy hoef niks te doen om in trans in te gaan of enige iets te doen wat die hipnotis vir jou suggereer nie.  Dit gebeur alles spontaan.  Jy hoef nie eens na die hipnotis te luister nie.

As jy enige iets probeer, sal jou trans “misluk.”  Indien jy slegs toelaat, sal alles maklik en sonder enige inspanning gebeur.

Hipnose word as ‘n vertrouensverhouding gedefinieer.  As jy jou terapeut vertrou, is die meeste van die werk reeds gedoen.  Indien nie, neem dit asseblief met jou terapeut op tot jou beste voordeel.

Ons maak gebruik van jou breinkrag (“mind power”).  Ons glo dat jy al die hulpbronne nodig reeds het om enige verandering te maak wat jy wil.

Die vermoë om in ‘n hipnotiese trans in te gaan, is jou vermoë, nie die van die terapeut of hipnotis nie.

Gevolgtrekking

Hipnose is ‘n onbewustelike proses.  Meeste mense glo nie eens dat hulle in hipnose was nie.  En meeste mense kom nie eens agter dat daar verandering en herstel plaasgevind het nie.  Hulle dink dat hipnose dit net nie vir hulle gedoen het nie.  Dit is dus ook nie vreemd dat ander mense die verandering eerste opgemerk het nie.  Soms kom mense nie eens die verandering agter nie, totdat die terapeut hulle sekere vrae begin vra nie.

Daarom: “Welkom in die wonderlike wêreld van hipnose”