Banner-7

“ Ek het besef dat terapie
ongelooflik terapeuties is. ”

~ Lisa Schroeder, I Heart You, You Haunt Me ~

Banner 2

“ Almal in terapie het
'n liefdesversteuring. ”

~ John Dufresne, Love Warps the Mind a Little ~

Inligtingstuk oor Terapie

“ Goue appels wat in silwer gemonteer is, so is die regte woord op die regte tyd. ” ~ Spreuke 25:11 ~

Die verskil tussen Psigoterapie en Mediese behandeling

therapy_thumbnail

As jy niks verander nie, sal niks verander nie!

Soms verwag ons dat ‘n psigoterapeut ons op dieselfde wyse sal behandel as ‘n mediese dokter. Jy gaan na die dokter spreekkamer toe, laat jou liggaamlik ondersoek en vertel aan die dokter aan watter simptome jy ly. Hy diagnoseer jou toestand en skryf behoorlike behandeling voor. Miskien het jy medikasie nodig of dalk sjirurgie (‘n operasie). Hy laat jou opneem in die hospitaal, en jy word geopereer. Jy neem jou medikasie, rus behoorlik, voel spoedig beter, en gaan gesond terug huistoe.

Om te leer om ‘n gelukkige, produktiewe en aantreklike mens te wees, kan nie op hierdie manier gedoen word nie. Jou terapeut kan dit nie vir jou doen nie. Hy of sy kan nie ‘n knoppie druk, en siedaar, jy is nie meer angstig of depressief nie.

Dit verg harde werk van jou kant om gelukkig te wees.

Daarom is huiswerk (take om te doen tussen sessies) so belangrik. Huiswerk is die noodsaaklike skakel tussen elke sessie.

As huiswerk nie gedoen word nie, is verandering moeilik, want daar gebeur niks tussen die sessies nie. Verandering kan nie slegs in een 50 minute sessie per week plaasvind nie. Jy spandeer dus ongeveer slegs een uur per week in die genesende proses met jou terapeut. Vir die res van die 167 uur in daardie week, moet jy doen wat jy kan doen om die proses te versnel. As jy niks tussenin doen nie, gaan dit lank neem voordat daar verandering is, want die proses gaan dan stadig verloop.

Dr. Michael Yapko (Kliniese Sielkundige wat internasionale erkenning geniet) skryf dan ook die volgende:

“A depressed client –any client – can defeat a clinician’s best intentions and efforts merely by doing nothing. We as mental health professionals are not very difficult to beat.”

Michael D. Yapko: Treating Depression With Hypnosis. P. 61